Man vas oor kindermishandeling

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 28-jarige man is in hegtenis geneem vir die beweerde mishandeling van sy meisie en haar 10-jarige dogter in Diepsloot, Gauteng.

“Die verdagte het die jong meisie glo in ʼn plakkershuis toegesluit,” het ao Daniel Mavimbela, woordvoerder van die polisie, Dinsdag gesê. “Hy het haar teen die sinkplaatstruktuur vasgedruk en haar met ʼn besemstok geslaan.”

Die man het glo ook die 26-jarige ma aangerand en sy het ʼn diep snywond op haar kop opgedoen.

“Hy het glo aan die slagoffers gesê hulle mag vir niemand van die mishandeling vertel nie,” het Mavimbela bygevoeg. “Hy het hulle dokter toe geneem en gejok oor die beserings.”

Die vrou het egter Maandag die mishandeling aangemeld en die man is die aand in hegtenis geneem. Hy staan tereg op aanklag van kindermishandeling en aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig. Hy sal Woensdag in die Randburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Doodstraf…………………… Iewers moet daar begin word om voorbeelde van misdadigers te maak.

Lynette ·

Ek is baie bly dat sy die aanranding aangemeld het. Meer mense moet dit doen sodat die gemors wat daarvoor verandwoordelik is uit die samelewing kan kom.

CHRISTA ·

As hy tronkstraf kry, moet hulle net sy “mede-inwoners” in die tronk van sy misdaad in kennis stel sodat HULLE hom kan regsien, want dit lyk asof hierdie barbare net behoorlik gestraf gaan word as dit deur die publiek SELF gedoen word of ander gevangenis moet dit namens die publiek doen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.