Man vas oor Lephalale-plaasmoord

Susan Kotze Foto: Verskaf aan Maroela Media

Susan Kotze Foto: Verskaf aan Maroela Media

ʼn 22-jarige man sal Maandag in die hof verskyn nadat hy in hegtenis geneem is vir die moord op Susan Kotze (76) van Lephalale (Ellisras) in Limpopo.

Maroela Media het vroeër berig familielede het Dinsdagaand op Kotze se liggaam afgekom toe hulle haar nie in die hande kon kry nie. Toe hulle gaan ondersoek instel op die plaas, het die huis se ligte gebrand, maar die huis was gesluit en daar was geen reaksie nie.

Die polisie is ontbied en haar liggaam is in die huis aangetref. Sy is vermoedelik met ʼn draadhanger verwurg. Die verdagte het twee selfone, ʼn klein bedrag kontant en haar Ford Bantam-bakkie gebuit.

“Na deeglike ondersoek deur ʼn spesialisspan is die verdagte Vrydag by sy oom se huis in Northam aangekeer,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die polisie het ook die gesteelde ware opgespoor.”

Volgens inligting het die verdagte op ʼn nabygeleë plaas gewerk, maar is vroeër vandeesmaand afgedank. “Hy het Kotze gevra vir werk en sy het glo ingestem dat hy ʼn paar werkies in die tuin verrig,” het Otto bygevoeg.

Die man sal in die Lephalale-landdroshof verskyn op aanklag van moord en diefstal.

Lees alle vorige berigte oor Susan Kotze op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Drieks

Ons moet help werk skep.
Die mond wat jy voed val jou aan…
Wie kan wreeder as dit in jou hé. Nee dankie, niemand in my huis of tuin…

charles

Ek stem saam as jy eers n rondloper voer is jy in jou m…

Lalie

Dis net waansinnig. Kil, wrede en diep hartseer manier om die aarde te verlaat, nie te noem dat die moordenaar so die aarde moet loop!!! Ai, my diepe en innige simpatie vir hierdie familie. Ek wens julle vrede toe in hierdie verskriklike tyd.

Marietha Scholtz

Dis hartseer en vreeslik om die bejaardes so te vermoor. innige simpatie met die familie.