Man vas oor liggaamsbou-steroïde

Argieffoto

Mouton Conradie (21) van Paarl in die Wes-Kaap het Woensdag in die Kuilsrivier-landdroshof verskyn in verband met onwettige liggaamsbou-steroïde.

Conradie is vrygelaat op borgtog van R3 000.

Hy is glo in hegtenis geneem tydens ʼn geheime operasie deur die polisie. Die klagstaat het egter geen besonderhede gegee oor die hoeveelheid steroïde wat die polisie in hul lokval gebruik het of die waarde daarvan nie. Verdere inligting sal eers tydens die hofsaak aan die lig kom.

Die saak is tot 10 November uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jaco ·

Elke dag word mense vermoor, ons boere word vermoor, vrouens verkrag, miljoene se belastingelde verduister, mense aangeval in hul eie huise en bekommer die owerhede hul meer oor liggaamsbouers wat uit eie keuse uit hul self vernietig…..hoe werk dit? Hul het n ruk terug by my ingebreek en se die polisiebeampte reguit vir my dat die kanse om my goed terug te kry baie skraal is want hul fokus op belangriker dinge! Nou weet ons ten minste wat die belangriker dinge is!

Ook ernstig... ·

…ja en elke dag is daar ouers wat hul kinders verloor agv “all muscle-no brain” mense wat steroids aan jongmense (KINDERS) verkoop.
Misdaad is misdaad!

Wiebo ·

So what???? As die man dit wil gebruik, beinvloed dit nie ander om hom nie. Niemand is in gevaar nie! SAPD moet eerder hul tyd meer produktief aanwend om misdaad te beveg ……………….

Darius Els ·

Hulle kan gerus op elke gym toeslaan.
Op uitnodiging het ek2 besoek om n kontrak te oorweeg en sit nie my voete weer in n gym nie.

Christo ·

Suid Afrika brand, wat gaan ons doen om dit weer n beter plek te maak ?

SAPD: Ek weet!! ons gaan energie en tyd mors om onwettige steroide verkoper te vang!!

Maar wat van die moord , verkragtings en misdaad, Plaas aanvalle!?

SAPD: Nee!! Hierdie is belnagriker!!

Ruby ·

Kon die mannekrag tydens die “geheime operasie” nie beter aangewend word nie.

Gaan soek eerder die vuurwapens wat so uit julle stasies gesteel word nou hou julle julself op oor ‘n ander ou se biseps!

HOBBO ·

Hierdie sukses is belangrik. Steroides besoedel die liggaam net so erg as enige ander dwelm. Ons almal kla oor die polisie se onvermoe om misdaad te bekamp, maar is ontevrede met hierdie optrede. Ouers met kinders wat hierdie goed gebruik sal die volle verhaal deel oor hierdie euwel.

Bantam ·

Gewoonlik n minderwaardigheids kompleks wat mense na die goed laat wend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.