Man vas oor luislang

Die luislang. Foto: Verskaf

ʼn 44-jarige man is Dinsdag in Limpopo in hegtenis geneem nadat hy onwettig in die besit van ʼn luislang was.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die man is in die Petanenge-nedersetting buite Tzaneen aangekeer.

“Die polisie het inligting van die gemeenskap ontvang dat die verdagte ʼn slang by hom het. Die inligting is opgevolg en die luislang in sy besit gevind,” het Ngoepe gesê.

Die plaaslike inwoner, Willy Pilusa, het skuld erken en moes ʼn boete van R500 betaal. Die polisie beskou die saak as afgehandel.

Die slang is aan natuurbewaringsbeamptes oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Alida ·

Gelukkig is hy waar hy hoort!! Sou seker weer vir muti doodgemaak moes word. Walglik.

Mila ·

Dis nou n ” vreeslike” oortreding om die staat se geld en mannekrag te mors wyl daar regte misdadigers daar buite is wat fisies met moord weg kom. Hoekom nie net nie Fauna en Flora uit stuur en klaar nie?

Nanna ·

Nadat hy onwetting in die besit van n luislang was … sekerlik moet dit wees nadat n luislang onwetting in sy besit was. wil nou nie n pyn wees nie maar rerig …

Annoniem Pta ·

Ek ken ook iemand wat se luislang omtrent 20 keer groter as hierdie een is, met wie kan mens in kontak kom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.