Man vas oor lyk in bakkie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Sondagmiddag in Randburg, Gauteng, in hegtenis geneem nadat veiligheidswagte die liggaam van ʼn vrou in sy bakkie gevind het.

“Veiligheidswagte het twee mans langs ʼn Nissan-bakkie in ʼn oop stuk grond sien staan,” het lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Een van die mans het ʼn graaf in sy hand gehad.”

Toe die wagte die mans nader, het een van hulle in die bakkie geklim en weggery. Die een met die graaf het te voet gevlug.

“Die veiligheidswagte het die bakkie agternagesit en hom uiteindelik in een van die strate aangekeer,” het Makhubela bygevoeg. “Hulle het die vrou se liggaam agterin die bakkie gevind.”

Die bestuurder van die bakkie is in hegtenis geneem. Die polisie is nog op soek na die tweede man.

“Die vrou het kneusplekke aan haar regterhand en voorkop, maar dit is nie duidelik hoe sy dood is nie,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Manie ·

Ja ek glo ook nie sy het per ongeluk op die bakkie geklim nie, en die mense jaag nie om dowe neute weg nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.