Man vas oor lyk in dam

Argieffoto: SAPD, Facebook

ʼn Man sal Maandag in ʼn KwaZulu-Natalse hof verskyn nadat die liggaam van ʼn onbekende man Vrydag uit ʼn dam in Cornubia naby Verulam gehaal is.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê jong seuns wat besig was om suikerriet te sny, het die liggaam in die dam gesien en die polisie ontbied. Die polisie se soek-en-reddingseenheid het die liggaam uit die dam gebring.

Volgens Mbele was die oorledene in ʼn paar jeans en ʼn wit-en-blou T-hemp geklee. Hy het talle steek- en aanrandingswonde oor sy liggaam gehad.  ʼn Saak van moord is by die Verulam-polisiestasie aanhangig gemaak.

“Verulam-speurders het onverpoosd gewerk om die saak op te los en ʼn man is Sondag in hegtenis geneem,” het sy gesê. Sy wou nie oor die motief van die moord bespiegel nie en het gesê dit vorm deel van die polisie se voortgesette ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Moeg ·

Ek glo nie dit is my verbeelding nie, maar die polisie in KZN kry darem vinnig skuldiges aangekeer in vergelyking met ander provinsies??

Wonder maar ·

Seker die dat hul Polisie mags op hul bakkies kan kry?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.