Man vas oor lyk in groentetuin

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 35-jarige man van Mpumalanga is in hegtenis geneem nadat sy vriendin se liggaam in ʼn groentetuin opgegrawe is.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê die 37-jarige vrou is as vermis aangegee nadat sy Sondag verdwyn het. Die polisie het Maandag die vrou se kêrel by sy huis in KwaMhlanga gaan ondervra in verband met haar verdwyning.

Volgens Mohlala het die man aangevoer dat sy vriendin geld by ʼn kitsbank gaan trek het en nie weer teruggekeer het nie. Die polisie het hierna die man se huis begin deursoek. “Die polisiebeamptes het ook buite die huis gekyk en ʼn groentetuin gesien wat onlangs opgegrawe is.” Die man het aan polisiebeamptes gesê dat hy saad geplant het.

Mohlala het gesê die polisiebeamptes het die man gevra om ʼn graaf te bring. Die man het glo hierna erken dat hy sy vriendin vermoor het en haar liggaam in die groentetuin begrawe het. Die man sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.