Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is Dinsdagoggend gesien toe hy die kruiwa, wat met komberse bedek was, rondgestoot het. ʼn Verbyganger het die man voorgekeer en wou weet waarheen hy op pad is. Die verbyganger het glo gesien daar steek ʼn voet onder die kombers uit.
“Toe die verdagte besef ander mense is bewus van sy vrag in die kruiwa, het hy gevlug. Gemeenskapslede het hom egter ʼn blok verder vasgetrek. Die polisie is na die toneel ontbied en met hul aankoms was die gemeenskapslede besig om die verdagte aan te rand,” het Kareli gesê.
Die verdagte is in ʼn kritieke toestand na die Pelonomi-hospitaal geneem vir behandeling. Hy is onder polisiebewaking. Volgens Kareli is daar vasgestel dat die lyk wat in die kruiwa gevind is, die verdagte se vriendin was. “Sy het wonde aan die binnekant van haar arm en aan haar heup gehad.” Kareli het gesê die oorsaak van haar dood sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word. Daar sal ook ondersoek word of die slagoffer verkrag is.
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.
Die boggel op my rug is van al die kruiwa stoot.
Nou is ek bang Scalla, werk jy in die lyks huis…. haha