Man vas oor lyk in kruiwa

Foto: Wikimedia.

Foto: Wikimedia.

ʼn 35-jarige man van Bloemfontein is in hegtenis geneem nadat hy glo betrap is toe hy die oorskot van sy vriendin in ʼn kruiwa rondgestoot het, het die polisie in die Vrystaat gesê.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is Dinsdagoggend gesien toe hy die kruiwa, wat met komberse bedek was, rondgestoot het. ʼn Verbyganger het die man voorgekeer en wou weet waarheen hy op pad is. Die verbyganger het glo gesien daar steek ʼn voet onder die kombers uit.

“Toe die verdagte besef ander mense is bewus van sy vrag in die kruiwa, het hy gevlug. Gemeenskapslede het hom egter ʼn blok verder vasgetrek. Die polisie is na die toneel ontbied en met hul aankoms was die gemeenskapslede besig om die verdagte aan te rand,” het Kareli gesê.

Die verdagte is in ʼn kritieke toestand na die Pelonomi-hospitaal geneem vir behandeling. Hy is onder polisiebewaking. Volgens Kareli is daar vasgestel dat die lyk wat in die kruiwa gevind is, die verdagte se vriendin was. “Sy het wonde aan die binnekant van haar arm en aan haar heup gehad.” Kareli het gesê die oorsaak van haar dood sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word. Daar sal ook ondersoek word of die slagoffer verkrag is.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.