Man vas oor lyke langs grondpad

Argieffoto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD, Facebook

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat die verkoolde liggame van ʼn 28-jarige vrou en haar twee maande oue babaseuntjie verlede week langs ʼn grondpad in die Ga-Molepo-gebied, sowat 50 km van Polokwane, gevind is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn motoris het verlede Woensdagoggend die gru-ontdekking langs die Wolkberg-grondpad gemaak. Die twee liggame is aangetref waar hulle langs mekaar gelê het. ʼn Klein pienk kombersie is langs die seuntjie gevind en stukke materiaal wat vermoedelik van ʼn blou sweetpak afkomstig is, het langs die vrou gelê.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die oorledenes is intussen as Thibudi Malemela en haar seun, Jeremiah, geïdentifiseer. “Die twee oorledenes woon in die Viking-nedersetting langs Boyne,” het hy gesê.

“Die inhegtenisneming volg ná uitmuntende ondersoekwerk deur die plaaslike speurders. Die motief vir die moorde word steeds ondersoek, maar die 35-jarige verdagte is vermoedelik ʼn ekskêrel van Thibudi. Hy sal binnekort in die Mankweng-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Raymond Bastone ·

AiAiAi!!” Dit hou net nie op nie. Hoop hy word swaar gestraf maak sommer ń voorbeeld van hom. Baie mooi aan die speurders vir hulle goeie werk.

Piet Pompies ·

Onder die gemeenskap is daar mense wat dink hulle kan aanspraak maak op die bestaan van ander mense (man, vrou en kinders) en of geld, grond eiendom ens. As hierdie eis nie nagekom kan word nie voel daardie mense hulle kan geweld en moord pleeg. Sick

Cherokee ·

Jy behoort nie jammer te wees dat geen MENS dit sal doen nie. Wees bly daaroor.

Wilma ·

Nux snaaks meer hierdi moorde in SA nie. Laat familielede met verdagte se gal werk. Govt heti die wil om iets te doen ni

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.