Man vas oor ma se moord

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 41-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy ma in Naturena, suid van Johannesburg, vermoor het.

Konst. Sibongile Mnguni het gesê die vrou se liggaam is Dinsdag gevind. “Ons is nie seker wanneer sy vermoor is nie,” het sy gesê. Die vrou is met ʼn skerp voorwerp aangeval en doodgesteek. “Die seun is Dinsdag in hegtenis geneem en sal Donderdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.”

The Star het Woensdag berig die man het glo Saterdagaand sy ma aangerand en haar uit die huis geskop. Inwoners het aan die koerant gesê die vrou moes buite in haar motor slaap.

Volgens die berig is die polisie ontbied en hulle het die man oor sy gedrag gewaarsku. Hy het hierna sy ma weer in die huis toegelaat.

ʼn Persoon wat saam met die vrou by die Life Flora Clinic werk, het die polisie Dinsdag ontbied toe die hek van die huis nog gesluit was. Dieselfde polisiebeampte wat Saterdag by die huis was, het saam met sy kollegas by die toneel opgedaag. Hy het toe na die Mondeor-polisiestasie gegaan om die honde-eenheid te ontbied.

Die polisiebeampte het later bevestig dat hy die seun naby die Johannesburg-gevangenis opgespoor het.

Hulle het vir die man gevra waar sy ma is en hy het glo geantwoord hy het haar ma vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.