Man vas oor Malmesbury Farms-bedrog

Gerhard Niewoudt Olivier (Foto verskaf deur die Valke)

Gerhard Niewoudt Olivier (34) is Donderdagoggend in Kaapstad in hegtenis geneem op aanklag van bedrog en het in die Malmesburg-distrikhof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming is reeds op 6 Junie 2019 deur die landdroshof in Malmesbury uitgereik toe hy versuim het om in die hof te verskyn op aanklag van bedrog. Olivier was tot dusver voortvlugtig.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Olivier het vanaf 2010 vermoedelik byna R18,4 miljoen van niksvermoedende slagoffers gesteel in ʼn plaasbeleggingskema. “Hy het glo deur ʼn slenter verskeie voornemende beleggers aangemoedig om plaastoerusting en voer te koop, maar het dan verdwyn voor die produkte afgelewer is. Hy word ook daarvan beskuldig dat hy lede van ʼn landbou-koöperasie mislei het deur homself voor te doen as ʼn welgestelde plaaseienaar en het onderneem om plaashulpbronne aan hulle te verskaf.”

Olivier is vrygelaat op borgtog van R50 000 met streng borgtogvoorwaardes. Die saak is tot 9 April 2020 uitgestel wanneer hy in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof sal verskyn.

“Slagoffers wat nog nie ʼn saak aanhangig gemaak het nie, word versoek om na vore te kom. Kontak die ondersoekbeamptes kol. Schiltz by 082 471 6756 of ao Wynand Olivier by 071 481 3326.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pieter ·

Hy kry borgtog maar was voortvlugtig? Die staat maak hieruit R50 000. Beter as wat hy in die tronk sit en geld kos lyk vir my.

Pieter J ·

Ek wonder of hierdie ou nie ń vlugrisiko is nie. As ek die besluit moes neem sou hy geen borgtog kry nie.

Scalla ·

Dink die man hy kan net loop en bedrieg en wegkom daarmee, iewers gaan dit jou inhaal.

Sonneblomkind ·

Dis terrible, die boere trek swaar, glo my ek skaam my dood as ek hy was, hoop hy word n goeie tyd wehgesit

Frannie ·

Hierdie en nou nog die ou wat in die Noorde van die land kastig lusern verkoop en deposito’s vra.
Hoe doen mens dit? Hoe skop jy iemand wat klaar lê?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.