Man vas oor Mandrax-tablette

Die Mandrax-tablette wat in Lentegeur, Kaapstad gevind is (Foto: SAPD, Wes-Kaap)

ʼn 44-jarige verdagte is in Lentegeur in Kaapstad in hegtenis geneem waar polisiebeamptes beslag gelê het op 400 Mandrax-tablette.

“Polisiebeamptes het reageer op inligting wat hulle van die publiek ontvang het en toegeslaan op ʼn huis in Dunestraat,” het sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, gesê. “Beamptes het beslag gelê op 400 Mandrax-tablette met ʼn geraamde straatwaarde van R20 000.”

ʼn 44-jarige man is in hegtenis geneem en hy sal binnekort in die Mitchell’s Plain-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van dwelmmiddels.

“Misdaad wat spruit uit die misbruik van dwelmmiddels is ʼn ernstige bedreiging vir die veiligheid van ons gemeenskappe,” het Rwexana bygevoeg. “Elke sukses wat behaal word om dwelmmiddels uit ons strate te verwyder dra by om ʼn toekoms vir ons leiers van môre te verseker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

John ·

Ons land se mense is op so ‘n ‘hype’ g’n wonder mense weet nie meer wat hulle aanvang nie… of wil nie meer weet wat hulle doen nie… Maar is dit ‘n verskoning?

Johann Marx ·

“Elke sukses wat behaal word om dwelmmiddels uit ons strate te verwyder dra by om ‘n toekoms vir ons leiers van môre te verseker”….??? Hahahahaha….Nee man!! Wat verstaan julle nie? As julle nie “deal” met die leiers van vandag nie………gaan daai “leiers van môre” hierdie drugs nodig hê om elke dag te funksioneer……met ‘n leë staatskas, ‘n groeiend massa ongeskoolde werkloses, vervalle infra-struktuur, korrupsie, geweld en nepotisme. Gelukkig lyk dit asof dit waarvoor almal JA gestem het in 1990 darem kern-gesond is: SA 37 – Frankryk 15…..

Alida ·

Is daai pille in die toilet afgespoel of verwissel dit net hande? Ek dink laasgenoemde is eerder waar.

Miena ·

Mooi so ! Ek hoop hy bly sommer agter die tralies vir ewig !!! Ons land is beter af sonder die tipe…!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.