Man vas oor mensehandel

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Malawi is in Johannesburg in hegtenis geneem in verband met mensehandel, het die Valke Vrydag gesê.

“Die man is Donderdag in hegtenis geneem,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, in ʼn verklaring gesê. “Die 38-jarige man het aan polisiebeamptes, wat hulself as moontlike kopers voorgedoen het, gesê hy verkoop vier mans en een vrou, tussen 39 en 41 jaar oud, teen R500 per persoon.”

Die polisiebeamptes het gereël om vyf Malawiërs teen R2 000 te koop. “Die man is in hegtenis geneem toe hy die geld van die polisielede ontvang het.”

Mulaudzi het gesê die Valke, misdaadintelligensie-eenheid en die departement van binnelandse sake was by die klopjag betrokke.

Die ondersoek het bepaal dat die man Malawiërs na Suid-Afrika sou lok met beloftes oor werk en hy het hulle dan verkoop sodra hulle opgedaag het.

“Die vyf slagoffers is intussen na ʼn plek van veiligheid geneem,” het hy bygevoeg. “Daar is vir hulle gesê hulle sou werk kon kry op ʼn plaas in Noordwes.” Die persone sou die man R1 500 moes betaal totdat hy gevoel het hulle het hom genoeg betaal.

Die man sal na verwagting Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag van mensehandel en die oortreding van die Wet op Immigrasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

amanda ·

Daar is GEEN maar GEEN verskonig vir sulke dade nie. Hoekom hulle borg toestaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.