Man vas oor miljoene rande se perlemoen

Foto: SAPD

ʼn 40-jarige man is Dinsdag in die Paarl in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat ʼn reusehoeveelheid perlemoen in sy besit gevind is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes van die polisie se sigbare polisiëringseenheid het ʼn wenk ontvang dat onwettige perlemoen in ʼn groentewinkel in die gebied gestoor word. Nadat die beamptes die perseel ʼn ruk lank dopgehou het, is ʼn voertuig voorgekeer en deursoek waarna die perseel ook deursoek is.

“Sewe kisvrieskaste is in die winkel gevind. Vyf van hierdie vrieskaste het sakke vol bevrore en vars perlemoen bevat. Daar is op 175 sakke met 17 237 eenhede perlemoen beslag gelê. Die geraamde straatwaarde van die perlemoen is R4,3 miljoen,” het Van Wyk gesê.

Hy het gesê die man is op die toneel in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.