Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes van die polisie se sigbare polisiëringseenheid het ʼn wenk ontvang dat onwettige perlemoen in ʼn groentewinkel in die gebied gestoor word. Nadat die beamptes die perseel ʼn ruk lank dopgehou het, is ʼn voertuig voorgekeer en deursoek waarna die perseel ook deursoek is.
“Sewe kisvrieskaste is in die winkel gevind. Vyf van hierdie vrieskaste het sakke vol bevrore en vars perlemoen bevat. Daar is op 175 sakke met 17 237 eenhede perlemoen beslag gelê. Die geraamde straatwaarde van die perlemoen is R4,3 miljoen,” het Van Wyk gesê.
Hy het gesê die man is op die toneel in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.
Wat wórd van die perlemoene waarop beslag gelê word!????
Ek wonder watter aas gebruik hy om so baie te kan vang