Man vas oor miljoene rande se versteekte perlemoen

Foto: Verskaf.

’n 28-jarige man is Maandagnamiddag in hegtenis geneem vir die onwettige besit en vervoer van perlemoen ter waarde van R7,1 miljoen.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, het gesê polisiebeamptes het in samewerking met die honde-eenheid stop-en-deursoekaksies uitgevoer by die weegbrug in Swellendam.

“Die verdagte se Hino-afleweringsvoertuig is omstreeks 18:30 voorgekeer. Beamptes het 1,4 ton perlemoen in ’n versteekte kompartement aangetref,” het Van Wyk gesê.

Foto: Verskaf.

“Daar is sowat 38 870 droë eenhede perlemoen getel en die beraamde straatwaarde daarvan is R7,1 miljoen.”

Die man is in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op sy afleweringsvoertuig wat na Gauteng op pad was.

Die verdagte sal Dinsdag in die Swellendam-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit en vervoer van perlemoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

PJ ·

Wonder of daar nog enige perlemoen oor is in die see want as jy hoor lé hulle beslag op tonne onwettige perlemoen

B-man ·

Soos ek dit het is Rand ‘n eienaam. Het hulle die perlemoen se waarde omgeskakel na eenrand-muntsukke? Dit sou makliker wees om net die waarde daarvan in Rand weer te gee.

Drieks ·

Sal kersfader vra dat iemand my uit neem vir perlemoen ete dat ek ook weet hoe dit smaak.

Leahim ·

Ons lees elke dag van perlemoen diewe wat gevang word dit lyk vir my die sapd se eerste prioriteit is om perlemoen te beskerm want ek sien nie hierdie suksesse by moorde,huisroof plaasaanvalle of dwelm bekamping nie hoekom meeste van die tyd perlemoen ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.