Man vas oor moord in Oudtshoorn

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

(Argieffoto: Kent Williamson)

Speurders in die Wes-Kaap het Sondag in die vroeë oggendure ʼn 27-jarige man in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn man, ook 27 jaar oud.

Sers. Christopher Spies, woordvoerder van die polisie, het gesê die slagoffer was saam met sy vriend in die straat toe ʼn voertuig langs hulle stilgehou het. “Twee insittendes, gewapen met skerp wapens, het uit die voertuig geklim en hulle aangerand. Die slagoffer het verskeie beserings opgedoen, maar kon na sy huis vlug. Hy het by sy huis ineengestort en is later deur paramedici dood verklaar.”

Die motief vir die aanval word nog ondersoek.

Die verdagte is Sondagoggend omstreeks 02:15 by sy huis in Lappertstraat in hegtenis geneem.

In ʼn onverwante saak het die Dysselsdorp-polisie ʼn 24-jarige verdagte Saterdag in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 30-jarige man in Dysselsweg, Dyseelsdorp, naby Oudtshoorn. “Polisiebeamptes het omstreeks 22:30 by die toneel opgedaag. Die slagoffer is in ʼn oop veld gevind met ʼn meswond in sy bors.”

Die ondersoek het onthul die slagoffer en die verdagte het ʼn woordewisseling gehad. Die verdagte het hom in die bors gesteek en van die toneel gevlug. Hy is later in hegtenis geneem op aanklag van moord.

“Albei verdagtes bly in aanhouding. Hulle sal binnekort in die hof verskyn,” het Spies gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
johanf

Mooi, SAPD…..

jzjz05

Doodstraf is al vir die moordenaars ,as jy n lewe neem moet jy joue gee, met dit in gedagte sal so n moodenaar twee keer dink voor hy moord pleeg.