Man vas oor moord ná hy meisie betrap

mes-aanval

Argieffoto

ʼn 25-jarige man sal na verwagting Maandag in die Rustenburg-landdroshof in Noordwes verskyn in verband met die moord op ʼn 36-jarige man.

Kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, het gesê volgens die inligting wat die polisie ontvang het, het die verdagte sy meisie besoek toe hy haar met ʼn ander kêrel betrap het. “Die slagoffer is twee keer in die rug gesteek, vermoedelik tydens ʼn bakleiery. Hy is na ʼn plaaslike kliniek geneem, maar is dood verklaar.”

Die voorval is by die Boitekong-polisie aangemeld wat die verdagte opgespoor en in hegtenis geneem het, het Myburgh bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chris Ws ·

Kom ons kyk of HY borg gaan kry!Ek glo hy is al klaar uit op borg van R1000 maar ‘n onskuldige blanke man sit 9 maande en word borgtog geweier in die BRits hof.Hoe werk dit??Hoe met mens vertroue he in die land se regstelsel as dit so pateties gaan in die howe??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.