Man vas oor moord op DA-raadslid

Demokratiese Alliansie

Demokratiese Alliansie

ʼn 29-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op Johannes Baatjies (49), ʼn DA-raadslid van Daniëlskuil in die Noord-Kaap.

Baatjies is Woensdagaand dood aangetref op die pad tussen Daniëlskuil en Postmasburg. Hy is twee keer in die kop en een keer in die bors geskiet.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die verdagte is Vrydag in hegtenis geneem en sal verwagting Maandag in die Postmasburg-landdroshof verskyn. “Hy sal na verwagting verskyn op aanklag van moord en poging tot moord. Dit het ook aan die lig gekom dat hy moontlik verbind word met ander gewapende rooftogte,” het hy gesê.

Volgens ʼn voorlopige ondersoek is Baatjies “onverhoeds in ʼn strik gelei”. Hy het sy sakevennoot saam met hom geneem om hom by te staan tydens die sakevergadering. Sy sakevennoot is steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal, het Mulaudzi bygevoeg.

Lt.genl. Mthandazo Ntlemeza, nasionale hoof van die Valke, het die Noord-Kaapse Valke geloof vir die vinnige inhegtenisneming. “Ek is baie trots op ons lede wat onverpoosd gewerk het om die inhegtenisneming te verseker. Dit is ʼn bevestiging van ons toewyding om seker te maak dat niemand inmeng met ons land se demokrasie nie, en dat diegene wat dié lafhartige dade pleeg, so gou as moontlik vervolg sal word.”

Ntlemeza het gesê die ondersoek duur voort. “Ons kan nie rus voor alle betrokke partye aangekeer is nie.”

Baatjies en nog ʼn DA-raadslid, en twee raadslede van die Kgatelopele Community Forum, sou na bewering ʼn koalisie vorm om beheer te neem oor die Kgatelopele-munisipaliteit wat onder beheer gestaan het van die ANC.

Baatjies se moord is waarskynlik polities gemotiveerd, aangesien hy glo ook doodsdreigemente ontvang het nadat hy die wyk gewen het tydens die plaaslikeregeringsverkiesing op 3 Augustus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Koos ·

Politieke onverdraagsame klomp sal ook nooit regkom nie die afrika kultuur ???stink

Shorty ·

As dit nou so aangaan gaan ,gaanhulle al die DA lede dood maak want die ANC hou nie van verloor nie,Hulle nou suur omdat DA hulle gewen het.En die mense glo nogsteeds in die ANC.Kyk wat doen die ANC? ag nee man, ANC moet aanvaar hulle het verloor.en dan probeer die ANC die ander partye ook omkoop.Ek het geen respek vir sulke mense nie.Die DA is beter as die ANC en bly beter as die ANC. ANC is soos n kind wat nie sy sin kry nie nou gooi hy tantrum.Word groot ANC en vat jou pakslae soos n man, Ek hoop die mense se oe gaan oop noudat die ANC hulle ware kleure wys.ANC julle maak my siek,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.