Man vas oor moord op Stormsrivier-polisiebeampte

(Foto: SA Polisie)

ʼn Man is Sondagoggend in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn polisiebeampte van Stormsrivier in die Oos-Kaap.

Kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, het gesê die stasiebevelvoerder is in kennis gestel van ʼn beampte wat Saterdagaand omstreeks 19:15 meswonde opgedoen het.

“Met hul aankoms op die toneel het hulle die beseerde beampte in die passasiersitplek van ʼn motor aangetref. Hy is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling en ʼn dokter het om 20:37 bevestig hy het beswyk aan sy beserings.”

Die voorval het gebeur toe die beampte nie aan diens was nie. Die 26-jarige Amos Cupido, ʼn lid van die Vispol-eenheid by Stormsrivier-polisie, se familie is dadelik in kennis gestel.

“ʼn 25-jarige man is Sondagoggend omstreeks 07:25 in hegtenis geneem op aanklag van moord. Hy sal na verwagting Dinsdag in die Humansdorp-landdroshof verskyn.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.