Man vas oor moord van meisie in Oos-Kaap

Argieffoto

ʼn 33-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van die moord op sy 28-jarige meisie in Elliotdale in die Oos-Kaap.

“Die verdagte is Sondag, 24 Maart, omstreeks 12:00 glo na sy meisie se huis. Hy het haar alleen aangetref en in die bolyf geskiet,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die vrou is op die toneel dood. Die verdagte het glo weggehardloop en ʼn saak van moord is by die Elliotdale-polisiestasie aanhangig gemaak.”

Die man is Donderdag in hegtenis geneem. Beamptes het ʼn ongelisensieerde vuurwapen in sy besit gevind. “Hy staan tereg op aanklag van moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.”

Brig. Ngangema Xakavu, bevelvoerder van die polisie in Butterworth, het die moord op die weerlose vrou veroordeel.

Die 33-jarige verdagte verskyn na verwagting Maandag in die landdroshof in Elliotdale.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

? leser ·

ai dis erg, moord en nog moord, roof, verkragting, wat gaan aan met mense deur die hele wereld

EC ·

Moord is in Elliot gepleeg, moordsaak is in Elliotdale gemaak 200km van waar die moord gepleeg is??

Sune van Heerden ·

Dagsê EC

Ons vra om verskoning vir die fout. Die inligting is só deurgegee deur African News Agency.
Die voorval het inderdaad in Elliotdale plaasgevind, nie in Elliot nie.
Ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.