Man vas oor moord, vuurwapens

Die drie vuurwapens wat in die verdagte se besit gevind is. Foto: SAPD/ANA

Die drie vuurwapens wat in die verdagte se besit gevind is. Foto: SAPD/ANA

ʼn Man (24) sal Maandag in die Durban-landdroshof verskyn nadat die polisie in KwaZulu-Natalse hom in verband met ʼn moord in Cato Crest in hegtenis geneem het en drie ongelisensieerde vuurwapens in sy besit gevind is.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê Lindile Mngoma (24) is dood nadat hy verlede Saterdagaand tydens ʼn rooftog by sy huis geskiet is.

“ʼn Gewapende man het omstreeks 21:30 die huis binnegekom en ʼn selfoon, rekenaartablet en klere geroof voordat hy Mngoma geskiet het. Mngoma is na ʼn hospitaal gehaas, maar is met sy aankoms daar dood verklaar,” het Gwala gesê.

Die polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur en Vrydag die verdagte in die Cato Manor-gebied in hegtenis geneem. “Drie ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie is in die verdagte se besit gevind,” het Gwala gesê. Die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in die uitvoering van enige ander misdade gebruik is.

Die verdagte sal op aanklagte van moord, gewapende roof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie tereg staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Simon ·

Mag ek op die forum “Nou pra’jy” kommentaar skryf. Dis is tog waaroor die forum bestaan.
Die revolver en ook die pistool is albei kort loop tipe vuurwapens geskik vir binnenshuise gebruik.
Maar daardie Mafia-tipe masjien geweer met skouerstuk en al het my laat skrik. Beslis nie n wettige wapen in privaat hande nie. Dit is n wreed vernietigende wapen en nie geskik vir gebruik deur amateurs nie. Waar is dit vandaan gesteel?

Ralph ·

Daai “masjiengeweer” is ñ Protecta. Dit is ñ tiepe pompaksie haelgeweer. Hy vat 12 rondtes in daai drom. Jy kry hom by baie handelaars te koop.

Jakes ·

Kenners sal dalk beter weet en raadgee. Die .38 se hand langer gemaak? Die beskuldigde nie ook aangekla word weens weens vervaardiging gevaarlike toestel?

Simon ·

Ralph,
I bow to your genuine superior knowledge.
Thanks for telling us.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.