Man vas oor MTN-batterye

Foto: SAPD

Die polisie in Modimolle in Limpopo het Woensdag beslag gelê op 15 batterye van MTN-selfoontorings toe ʼn langafstandbus op die N1-snelweg voorgekeer is.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het ʼn wenk ontvang en het die bus op die snelweg naby die Kranskop-tolhek voorgekeer. Die bus was vol passasiers en was op pad van Johannesburg na Malawi.

“Polisiebeamptes het die bestuurder en sy medebestuurder gevra om die bus se sleepwa oop te maak. Die sleepwa is deursoek en 15 hoëspanning MTN-batterye, wat in swart plastieksakke toegedraai was, is in die sleepwa gevind,” het Mojapelo gesê.

Hy het gesê al 15 batterye se opsporingstoestelle is verwyder. Die batterye is na raming sowat R75 000 werd. “Beamptes van MTN is ontbied en hulle het die batterye as die maatskappy se eiendom geïdentifiseer.”

Volgens Mojapelo is ʼn 33-jarige verdagte in hegtenis geneem en sal hy binnekort in die Modimolle-landdroshof verskyn op aanklag van besit van gesteelde goedere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jennifer ·

Ek wil nie weet hoeveel van ons land se besittings word so oor die grense weggery.

Leahim ·

Malawiese burger wat sa besteel of SA burger gee asb die feite korrek .

Johann ·

Julle julle…die thomma was.bloot besig met n nuwe mobile sein versterkings “toring”….mobile batery bus. Ons dink ook altyd die slegste!

Frikkie (Nie pienk) ·

As elke passasier op die bus klim met soveel bagasie, waar gaan die bestuurder dit pak?

HPV ·

Alles van waarde word oor die grens geneem. Dit word egter vervang met al meer wat die land instroom, wat op hul beurt weer steel en dit oor die grens neem. Nimmereindige bose kringloop.

gunston101 ·

Did tyd dat al hierdie parasiete uit midde Afrika pak en gaan. Hulle kom teer net hier

bgj van der westhuizen ·

wel die eienaar het in sleepwa aan die bus gesit en jy is net toe gelaat vir seker hoeveel hied kg toe gelaat en oor daar die gewig bweaal jy voor daar om die bus eienaar gee nie om wat gelaai word nie so lank hy net geld uit dit maak en die persoon wat die sleep wa gelaai het kennis van wat hy gelaai het del van dit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.