Man vas oor naakte nooi se moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 26-jarige man sal na verwagting Maandag in die Lichtenburg-landdroshof in Noordwes verskyn op aanklag van moord.

“Die verdagte is Saterdag op die pad tussen Zeerust en Lichtenburg langs sy voertuig aangetref by die naakte liggaam van sy 22-jarige meisie,” het maj. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, gesê. “Verbygaande motoriste het op die meisie se liggaam afgekom nadat die verdagte hulle voorgekeer het om hom te help toe sy motor glo onklaar geraak het.”

Volgens Makau het die vrou in hierdie stadium slegs haar onderklere aangehad, en sy is vermoedelik verwurg. “Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die vrou kneusplekke aan haar nek gehad het,” het sy bygevoeg.

Die verdagtes is in hegtenis geneem nadat die polisie ontbied is. Dit is nog nie duidelik of die vrou verkrag is nie.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Sy het haar onderklere aangehad en was dus nie naak/kaal.
Nietemin is dit tragies om só aan jou einde te kom.
Wette en dus strawwe in hierdie land skrik niemand af om sulke soort van dade te pleeg.

Theresa ·

Dis vreeslik hoeveel moord, ontvoering en allerhande sulke tipe misdade deesdae daagliks gepleeg word. Daar is GROOT fout in ons land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.