Man vas oor neef se moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 30-jarige man wat glo sy neef vermoor het, is Sondag in Willowvale in die Oos-Kaap aangekeer.

“Die man is in hegtenis geneem nadat hy sy 37-jarige neef geskiet het,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. “Die neef is in sy bors getref en is op die toneel dood.”

Die polisie het beslag gelê op die vermeende moordwapen en dit sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in ander misdade gebruik is.

Manatha sê die motief vir die skietery is nog onbekend. Die polisie ondersoek die saak.

Die verdagte sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Willowvale verskyn en sal ook aangekla word van die onwettige besit van ʼn vuurwapen. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.