Man vas oor ongelisensieerde vuurwapens

Een van die vuurwapens waarop die polisie op 19 Junie 2015 beslag gelê het in KwaZulu-Natal Foto: SAPD

Een van die vuurwapens waarop die polisie op 19 Junie 2015 beslag gelê het in KwaZulu-Natal Foto: SAPD

ʼn 67-jarige man is in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat die polisie beslag gelê het op ʼn AK47 en ander wapens.

“Die Greytown-misdaadintelligensieeenheid het inligting opgevolg en ondersoek ingestel oor onwettige vuurwapens in die gebied,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die polisie het vroeg Vrydagoggend by die man se huis in die Engome-gebied beslag gelê op ʼn AK47 met 15 rondtes ammunisie, asook ʼn haelgeweer, outomatiese geweer en 9 mm-pistool.”

Volgens Naicker sal ballistiese toetse op alle vuurwapens gedoen word om te bepaal of dit tydens enige ander misdade gebruik is.

Die verdagte het in die uMsinga-landdroshof verskyn.

“Ons sal steeds sulke klopjagte vir onwettige vuurwapens in die provinsie uitvoer,” het lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, gesê. “Dit is onaanvaarbaar dat vuurwapens in ons gemeenskappe beskikbaar is en ek bedank die lede van die gemeenskap wat met die inligting na vore gekom het en die polisie bystaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Gaan hierdie weer die Kwa-Zulu van die 80s word? Wie van julle kan dit nog onthou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.