Man vas oor ongeslypte diamante

Die ongeslypte diamante wat naby Klawer in die Wes-Kaap gevind is (7 Julie 2016) Foto: SAPD

Die ongeslypte diamante wat naby Klawer in die Wes-Kaap gevind is (7 Julie 2016) Foto: SAPD

ʼn 48-jarige man van Eersterivier is in hegtenis geneem toe hy met ongeslypte diamante betrap is.

Die polisie in die Wes-Kaap en ander wetstoepassers het op ʼn wenk reageer oor onwettige diamanthandel in Klawer.

“Die verdagte se motor is Donderdag naby die Klawer-weegbrug opgemerk en die motoris is voorgekeer,” het die polisie in ʼn verklaring gesê. “Die vier insittendes en die motor is deursoek en beamptes het op ʼn klein sakkie met agt ongeslypte diamante afgekom.”

Die man van Eersterivier het glo eienaarskap van die diamante erken en hy is in hegtenis geneem.

Hy sal na verwagting binnekort in die hof verskyn op aanklag van die onwettige besit van ongeslypte diamante.

Die waarde van die diamante is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Koos ·

Pleks daarvan om misdaad te prioritiseer en meer aandag aan misdaadvoorkoming soos plaasmoorde diefstal brandstigting hoor jy altyd hoe hulle perlemoen diewe of ‘n ou met diamante gevang het dis nie wat ek wil hoor nie

Buks ·

Ek dink dat finke hierdie en baie ander diamante aan mense afsmeer en dan op hulle toeslaan en hulle dan suksesvol krimineel aankla. Weet van iemand wat op Musina n handvol diamante van n diamant smous in die veld gegooi het en voor hy die SAPD kon bel is hy geboei en na die plaslike SAPD geneem.

Rapes ·

Plaas dat julle kriminêle vang. Die diamante word net deur de beers en oppenheimers beskerm.

Jef ·

Wat as dit een van julle se diamante was wat gesteel was sou julle dan ook gese het vergeet nou maar van my diamante en gaan vang liewer boewe.

Klippie ·

Hy is nie die eienaar wees nie, want hy kon nooit eiendomsreg op die klippe vestig nie – hy kan bloot ‘n besitter wees. Hoekom sou hy “eienaarskap van die diamante erken”? Klink my hy praat te veel om in ‘n getuiebank gesit te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.