Man vas oor ontvoerde kleuter se moord

Cuburne van Wyk.

Cuburne van Wyk.

ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die ontvoering en moord van die kleuter, Cuburne Lavone van Wyk.

“Die polisie in Gauteng het Woensdag ʼn verdagte in hegtenis geneem,” het kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, gesê.

Cuburne se liggaam is Saterdag op ʼn mynhoop in Reigerpark opgespoor. Hy het op 6 Augustus verdwyn.

Kweza sê metropolisiebeamptes het die man in Germiston in hegtenis geneem. “Hy sal aangekla word van moord en sal binnekort in die hof verskyn,” het hy gesê.

Lees ook:
Pa eien seun aan litteken op sy gesig
Verbrande kinderlyk uitgeken
Kind se verbrande lyk in Reigerpark gevind
Man gesoek oor Reigerpark-ontvoering
Reigerpark-seun glo ontvoer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.