Man vas oor onwettige vuurwapens en bedrog

boeieʼn Man is in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy met onwettige vuurwapens betrap is.

Ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die man is in Klipspruit in Soweto in hegtenis geneem. “Die polisie het inligting ontvang dat die man vuurwapens by sy huis aanhou,” het Makhubela gesê.

Die polisie het ʼn klopjag uitgevoer en beslag gelê op drie ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie. Die polisie het ook Amerikaanse geld gevind en ʼn tas vol leë tjeks. Gestroopte voertuigonderdele is ook op die perseel aangetref.

“Die 39-jarige verdagte moet binnekort in die hof verskyn en word aangekla van die besit van gesteelde eiendom, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, en bedrog.” – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.