ʼn 41-jarige man van Jabulani in Soweto is in hegtenis geneem nadat hy glo sy oom tydens ʼn stryery vermoor het.
“Die twee mans het ʼn woordewisseling gehad en het handgemeen geraak,” het lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die verdagte, die man se broerskind, het hom glo met ʼn klip teen die kop geslaan.”
Die 58-jarige man is op die toneel dood verklaar.
Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Protea-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
Barbaars