Man vas oor Oscar Pistorius se ‘vryheid’

oscar-pistorius

Oscar Pistorius op 21 Oktober 2014 in die Pretoriase hooggeregshof tydens vonnisverrigtinge Foto: Themba Hadebe/AP/Pool

ʼn Man is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld van Oscar Pistorius probeer bekom het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die 33-jarige man is Vrydagmiddag naby die hooggeregshof in Pretoria in hegtenis geneem nadat hy ʼn “deposito” van R40 000 in ontvangs geneem het.

Volgens Mulaudzi is die Valke Donderdagaand deur ʼn vriend van Pistorius ingelig oor die man wat na bewering homself voorgedoen het as ʼn beampte van die nasionale vervolgingsgesag (NVG). Die verdagte het Pistorius glo genader en R250 000 geëis om die moordsaak teen hom te laat “vernietig”.

Die Valke het ʼn lokval gestel en die man is in hegtenis geneem. Die verdagte sal Maandag in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Pretoria verskyn.

Die konstitusionele hof het vroeër die maand Pistorius se aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding afgekeur. Die konstitusionele hof was Pistorius se laaste poging om uit die tronk te bly ná hy Reeva Steenkamp in 2013 doodgeskiet het. Pistorius verskyn op 18 April in die Pretoriase hooggeregshof om gevonnis te word op aanklag van moord.

Lees die opvolg berig hier: Oscar Pistorius-familie loof Valke wat ‘vryheidbedrieër’ vastrek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gert ·

Klink soos baie van die narre op tv wat dink hul sal nie uitgevang word nie.Miskien dit met amptenare doen as hul werk aangebied word.

Anny ·

Wat my nou pla is as di ou in die tronk beland en hy weet Oscar het hom “uitverkoop” gaan hy nie moeilikheid vir Oscar beteken nie?

db jaeger ·

Hoekom pla dit jou?. Gaan dit jou enigsins benadeel as dit wel die geval is?

sdp ·

Ja dis guptas, zumas, hani se vrou nou weer oor Oscar..maar n week se moorde en aanvalle, word onder die mat ingevee

Dee ·

Moet nie met ‘Guptas’ stories hier uitkom nie, okay?
Die Guptas is welkom in die land en verdien erkenning want húlle is die mense wat gaan help om Zuma se tassie gepak te kry. As jy nou regtig sta-rag is, is jy stadig maar moet nie intelligente ondersteuning verwag. Los die Guptas waar hulle is want hulle is besig om Zuma se vertrekreëlings te organiseer. Terloops, ek het hulle ‘n mimisterspos aangebied – onder ‘n nuwe portefeulje genaamd ‘zumafskeid’.

CWS ·

Sdp en Dee ……man ek laik jul kommentaar!!…Seg ek mos ok!!

Akram ·

Genugtig. Een van die sake wat hoog op die wereld kyk lys is wil nou vernietig word? Dit wil vir my voorkom of dit n geval is van” kyk wereld ek is nie so bad soos die mense ek is nie. Ek het n omkoper uitgewys.” Enige iets om nou punte te bou. My beskeie opinie.

pieter ·

SLIM GENOEG OM NIE DIE GELD TE VAT NIE.DOM GENOEG OM REEVA TE SKIET. EK PRAAT ,WANT MY PEETKIND IS OOK VERMOOR DEUR N JALOERSE MAN.

Tina du Toit ·

Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar ek hoop nie Oscar verwag versagting oor hy nou `n goeie daad gedoen het nie. Dalk word hulle nog vrinne agter die trailies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.