Man vas oor padwoede teen pa en sewejarige

In die video kan gesien word hoe die man woedend met ’n moersleutel in die hand teen die motorruite kap. Foto: Skermgreep van Facebook

ʼn Man wat ʼn pa en sy sewejarige dogtertjie op pad na haar skool in ʼn padwoedevoorval gedreig het, is in hegtenis geneem.

“ʼn Spesiale dankie aan almal wat gehelp het om hierdie man, wat my gesin gedreig het, aan te keer,” skryf Florence Dambuza-Kgoleng in haar tweede Facebook-inskrywing oor Woensdag se voorval. “Danksy jul reaksie op die video wat ek gedeel het, kon ons al die nodige besonderhede kry om ʼn klag in te dien.”

Sy het ook die Honeydew-polisie bedank dat hulle so vinnig opgetree het om die man in hegtenis te neem. En almal wat van heinde en ver boodskappe gestuur het om die gesin te ondersteun ná die traumatiese voorval.

Dambuza-Kgoleng het Woensdag ʼn selfoonvideo gedeel van die voorval in Northriding toe ʼn man, wat sy as “barbaars” beskryf, haar man en hul sewejarige dogter met geweld gedreig het. Dit was na ’n rusie oor wie by ’n verkeerslig voorrang moes kry.

“Hierdie man het hulle met die dood gedreig sonder om enigsins in ag te neem dat ʼn kind in die kar was,” het sy geskryf. “Dit het hom ook glad nie gepla dat dit op video opgeneem is nie.”

So iets kan nie ongestraf bly nie.

Die bekommerde ma het vertel dat die man haar man en dogter ná die voorval tot by hul kind se skool agtervolg het. “My man moes in die skoolterrein inry ter wille van hul veiligheid. So iets kan nie ongestraf bly nie.”

Sy het gevra dat mense die video deel en het die hoop uitgespreek dat die man in hegtenis geneem word aan die vooraand van 16 dae van geen geweld teen vroue en kinders.

Die video is teen Saterdagmiddag reeds meer as 400 000 keer gekyk en amper 15 000 keer net van die oorspronklike plasing af gedeel en tallose kere daarna.

Kapt. Balan Muthan het aan News24 bevestig dat ʼn saak ondersoek word en dat ʼn man in hegtenis geneem is, maar wou nie verder besonderhede aan die webwerf se verslaggewer verstrek nie, net dat hy binnekort sal voorkom.

Dambuza-Kgoleng het aan News24 gesê haar dogter “is ontsteld, maar oukei” ná die voorval. In die video kan gehoor word hoe sy beangs skree terwyl die man met ’n moersleutel in die hand om die kar loop en teen die ruite hamer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Neels ·

Dit is goed en reg hou hom verantwoodelik vir sy swak gedrag. Dit is darem wonderlik hoe vinnig daar gereageer word met positiewe gevolge as dit een van die meerderheid is wat te na gekom word

Woedend ·

Ek hoop hy gaan boet vir dit wat hy gedoen het… Liewe hemel daai arme kleintjie wat bang was.

Ander Annie ·

Die Boelie. Hy hou aan en aan, desonsanks daardie kleintjie se gehuil. Ek wens ek kan die Boelie ‘n taai klap gee. Ek hoop hy word behoorlik vervolg.

Daan Erasmus ·

Elke saak het 2 kante. Min mense wat ek ken sal sommer ‘n kar sonder rede agtervolg en die insittendes dreig. Ons weet nie wat vooraf gebeur het nie.

Stan ·

Daan ek is van mening dat jou kommentaar onsensitief en onvanrwoordelik is. Dit is nie aanvaarbaar om met woedde en aggressie te reageer nie, veral nie waar kinders is nie. Suid Afrika is besig om ‘n aggressiewe kultuur te voed met sulke kommentaar wat tot nadeel van alle landsburgers is.

Basjan ·

Daan Erasmus, ek stem 100% saam met jou. Daar is nie genoeg inligting oor die voorval wat oorspronklik tot die situasie aanleiding gegee het nie.

Anne ·

Niks regverdig hierdie boelie se aggresiewe gedrag nie , veral nie waar kinders betrokke is nie. Pateties om die minste te se.

ferdi ·

Dis voorreg om soggens in Suid Afrika wakker te word en jy leef en ni vermoor is ni

jaco ·

swart slagoffer en die SAPD tree dadelik op. was die slagoffer wit was daar ‘n 100 verskonings waarom die SAPD nie kan help nie…

Boet Fasie ·

As die oortreder wit was- dan was hy nou nog toegesluit vir poging tot moord en sou hy in aanhouding gebly het sonder borg.

Daan Erasmus ·

Hoor eers al 2 kante van die saak aan. Enige saak het 2 kante.

Dina ·

Maak nie saak wat albei kante behels nie. Mens tree nie so op nie, klaar. Die arme kind is erg getraumatiseer en dit deur die voorbeeld wat volwassenes aan haar stel. Ons land se mense is siek van Bose besmetting. Geweld het alledaags geraak.

Ander Koos ·

Sy gedrag verkeerd en onaanvaarbaar,, so straf hom behoorlik. Hierdie was egter meer intimidasie as iets anders want in die video tik hy eintlik net die motor vensters aangesien hy die glas maklik met die moersleutel kon stukkend slaan

Ek dink ·

Ek stem saam dat hy heeltemal oorboord gegaan het en dat dit veral erg is omdat die kind so ontsteld was, maar ek moet se, part dae voel ek darem self lus en kom iemand by as hulle so voor mens indruk, oor rooi robotte jaag, teen die verkeer ry en op sypaadjies ry net om voor te gaan indruk, ens, ens! Mens verdra en verduur maar, maar ek dink partykeer raak dit vir party mense net te veel.

Maro ·

Ai tog…so as dinge te veel raak vir jou mag jy maar mense en kinders aanval…die mentalteit van suid afrikaners is op sy laagste ooit.

Lana ·

Stem saam met jou, Spike.
Maak nie saak hoeveel kante die saak het nie – daar is net ‘n regte en verkeerde manier om dit te hanteer.
Dit is waar jou OPVOEDING inkom.
Hierdie was VERKEERD hanteer!!

Gatvol ·

Ag shame, arme wit ou die liberale het kwaai gehelp hom opspoor. Jul slaapwit velle

Lana ·

Gatvol, verduidelik asb. jou kommentaar.
Op dié stadium is dit niksseggend.

Steven Brock ·

Swak opvoeding en sosiale gedrag teen oor alle mense. Ras en geslag speel geen rol hier nie. Mense wat loop en spog oor hoe hulle die of daai een geintimideer het agv. van n “oortreding” is wesentlik kort aan diepte in die lewe.

What a joke! ·

Blanke slagoffer en nie blanke aanvaller en saak was geignoreer!
Blanke aanvaller en nie blanke slagoffer blanke sumier reguit tronk toe! Dit is mos hoe die nuwe Suid Afrika werk…

Douwlina du Plessis ·

En toe word dit ‘n rasseding. Iemand ‘moan’ dat witmense gehelp het om hom op te spoor. En daar moet nou gesoek word na die rede vir sy optrede? Die rede lê in homself. Hy is ‘n geweldenaar. Daardie kind was vreesbevange. Hy kon kies om te sê presies wat hy voel en weg te stap, maar hy kies om ‘n kind te terroriseer?

Herman P ·

En as daai moersleutel wit was?
15 tronk toe ek is seker

Dorothea ·

Gaan toets die man se bloed. Hulle lewe hier van blik energie drankies wat hulle koop by motor hawens vroeg in die oggend al. Hier jaag hulle soos die duiwel.

swanna ·

Daardie is algemeen. Ek het so iets beleef wat so ‘n persoon (SM) ‘n byl uit sy katebak uit gehaal het en my wou aanval. Ek het maar weg gery van die toneel af want daar was geen oog getuies om dit af te neem of net as getuie waar teneem nie. Dit is nou ‘n algemene ding op die paaie.

Brutus ·

Met hammer in hand was hy beslis n bedeiging, as hy verkeerde motoris aangevat het sou hy dalk n loodpil tussen sy oe gekry het .

Werner ·

As slagoffer wit was sou dit nie eers die nuus gehaad het nie baie boere wat vermoor word haal nie die nuus nie en hoekom is hierdie nou nuuswaardig

hendrik ·

Moersleutel? Waarom noem hulle dit n moersleutel en nie op sy naam n bobbejaanspanner nie of sou dit rassisties wees.

Karolis ·

As jy sien wat hy met die sleutel gedoen het dan is die naam gepas.

Sandy ·

Raai wat Mnr Ambient Moon Airconditioners jou besigheid kan netsowel toemaak met jou aan die stuur. Na die geweldadige insident sal mense dom wees om jou te ondersteun. Want wie wil vereenselwig word met so ‘n gemors soos jy.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hier is nou ‘n nuwe ding aan die kop uitsteek…..die “AS”-bridgade….”As” die ou wit was, “AS” die SAPD gou gemaak het, “AS” die slagoffer wit was, “AS” daar nie kameras was nie, “AS” dit nooit gebeur het nie, “AS” die ruitkapper wit was, “AS” die regter swart was…..HUH? Maroela behoort elke “kommin”-taar wat met “AS” begin net eenvoudig te ignoreer…..

Karlahari ·

Waneer die aanvaller wit was is dit onmiddelik as n rasse aanval aangemeld. ((racist attack) en dit is die dubbele standaarde wat die mense gatvol is.
Gaan lees oor vorige padwoede aanvalle en enige skool bakleiery.

Cherokee ·

So Sopbeen, jy dink ‘as’ is nuut? Ek het gedink jy deel lankal in forums! As (wat niè verbrande hout is nie), is so oud soos debatte. Jy dog werklik dit is nuut! Drink Bio Pluss.. Turbo Vite.. of enige booster asseblief!~ Wake Up..!!!

Netso ·

Ek snak na my asem! “Moersleutel” weet niemand meer hoe lyk ñ hammer nie? Dis ñ eensydige storie hierdie word tog groot asb?

hendrik ·

Net-so, raadpleeg n woordeboek om die verskil te sien tussen n hamer en n moersleutel. Miskien sal jy dan n bietjie groter word.

E.K. die eerste ·

M ooi so, name en shame elkeen wat so vieslik optree. Dan kan almal daai gesig onthou for future reference want glo my boelies hou nie sommer op nie!

Onnie ·

Wat hy doen is nie reg nie, maar dit lyk nie vir my of hy regtig die ruit wil breek nie, hy probeer hulle bangmaak en intimideer.

Zet ·

Sien ook die ou wou nie regtig skade maak nie anders was daardie venster al gebreek gewees ne..

Out of Africa ·

Julle besef nie hoe aggressief Suid Afrikaners geword het nie. Mense raak gewoond daaraan en aanvaar dit amper as die nuwe normaal. Mens let dit eers op as jy van buite die land daarna kyk.

Se net ·

Laat hy nou ervaar wat hy uitgedeel het sit hom net eers in daai posisie met sy gesin by hom

Hannes ·

Met n kind by jou het jy n verantwoordlikheid en tree n mens in alle opsigte dienooreenkomstig op!My innigste simpatie sou die klaer onskuldig gewees het…

Ronel ·

Ek wonder of die EFF nou sy winkel ook gaan plunder of gaan eis dat sy besigheid moet toemaak en al die werkers afgedank moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.