Man vas oor perlemoen ná hoëspoed-jaagtog

Die verdagte se motor na dit teen 'n boom gebots het. Foto: SAPD

Die verdagte se motor na dit teen ‘n boom gebots het. Foto: SAPD

ʼn Man is in Claremont in Kaapstad in hegtenis geneem nadat daar glo 500kg se perlemoen in sy besit gevind is.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes het ʼn motor in Constantianek gesien en dit begin agtervolg. Die bestuurder van die motor het glo gesien die polisie agtervolg hom waarna hy glo vinniger en roekeloos begin ry het.

Volgens Rwexana het ʼn hoëspoed-jaagtog gevolg en het die bestuurder van die motor teen ʼn boom gebots op die hoek van Canterbury- en Rhodesweg in Claremont.

Die 28-jarige bestuurder is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Hy is onder polisiebewaking en sal binnekort in die Wynberg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.