Man vas oor poging tot moord, besit van AK-47

Argieffoto (Foto: Erik Gregg van Ellicott City, MD, USA via Wikimedia Commons)

ʼn Man sal vandeesweek in die Lenasia-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met onder andere die besit van ʼn AK-47 aanvalsgeweer.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes het Saterdag reageer op ʼn skietvoorval by die Lenasia-taxistaanplek. “ʼn Man het roekeloos skote afgevuur by die taxistaanplek,” het Makhubele gesê.

Toe polisiebeamptes by die toneel opdaag, het die man begin weghardloop en beamptes het hom agternagesit. “Hulle het hom aangekeer en in hegtenis geneem.”

Tydens die inhegtenisneming het polisiebeamptes beslag gelê op ʼn AK-47 aanvalsgeweer, ʼn 9 mm-pistool en ammunisie.

“ʼn Ondersoek sal ook gedoen word om ʼn verband met ander ernstige en gewelddadige misdade te bepaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Francois ·

Miskien kan Cele vir ons antwoord waar sy kader daai AK gekry het

Persheks Adri ·

Wie verskaf hierdie wapen? Dis skrikwekkend om te lees van hoeveel onwettige AK-47 in die kriminele se hande is. Daar moet nog baie wees waarvan ons nie weet nie mmmmmmm

Sarel ·

Opm Cele…sien die ou het nie van Amnestie gebruik gemaak nie..

Regverdigheid ·

Waar kry hul daai tipe vuurwapens sal graag wil weet .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.