Man vas oor polisiebeampte se moord

(Argieffoto: Kent Williamson)

ʼn 31-jarige man van Petsana in Reitz in die Vrystaat is Saterdag omstreeks 06:00 in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn vroulike polisiekonstabel.

Die 32-jarige vrou, wat by Reitz-polisiestasie gestasioneer was, se liggaam is naby ʼn swembad in Reitz gevind.

“Die oorledene het na bewering haar kollegas in die vroeë oggendure, omstreeks 02:15, gekontak om hulp te vra,” het brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sy het gesê haar kêrel is besig om haar aan te rand.”

Twee polisiekonstabels, wat nie aan diens was nie, het saam met die sersant aan diens na haar gaan soek. “Haar liggaam is omstreeks 06:00 langs die muur naby die swembad gevind. Sy is vermoedelik verwurg.”

Die oorledene en die verdagte was in ʼn verhouding, maar hulle het nie by mekaar gebly nie.

“Die kêrel is in Petsana opgespoor en in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Maandag in die Reitz-landdroshof verskyn op aanklag van moord.”

Die naam van die oorledene sal bekendgemaak word sodra haar familie in kennis gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Blomme

Hoekom het dit dan so lank geneem om by haar uit te kom nadat sy om hulp gevra het?

Peach

Het misdaad dan nou ‘n nasionale sport geword dat mense die wet deesdae so gewetenloos kan verontagsaam? Dink as dit ‘n olimpiese sport sou wees, het SA los hande die meeste medaljes ingepalm.

Jasper

Mag mens nie sê die rubriek is misleidend nie.

Swerwer

Dit is wreed!