ʼn 37-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo Saterdagaand ʼn Johannesburgse polisiebeampte gekaap en doodgeskiet het.
Lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder van Gauteng, het gesê die verdagte is Maandag in hegtenis geneem toe ʼn ooggetuie hom uitgeken het. Hy word daarvan verdink dat hy konst. Prins Mashabela (27) Saterdagaand in Meadowlands, Soweto geskiet het.
“Mashabela was nie aan diens toe die voorval plaasgevind het nie,” het Dlamini gesê. “Hy en sy meisie was op pad na ʼn vriend se huis, toe hy afgetrek het om ratkas-olie in die motor te gooi.” Twee mans, waarvan een gewapen was, het die paartjie genader. “Hulle het die paartjie se selfone en die motorsleutels geëis en toe met Mashabela se motor weggery.”
Mashabela het agter die motor aangehardloop en by ʼn doodloopstraat aan die venster geklop. Een van die verdagtes het uit die motor geklim en Mashabela in sy bors geskiet.
Sy meisie kon vlug en het hulp ontbied. Mashabela is na die Tshepo-Themba privaatkliniek geneem, maar hy is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.
Die verdagte sal na verwagting Woensdag in die Protea-landdroshof verskyn.
Kan Maroela asb nie net die wapen op die foto wys. Ek dink die ou wat geskiet het se van begin met ‘n tongklap. Die gesig pas nie daarby.
Babs, kyk mooi – dis ‘n Argief foto (Foto: SAPD, Facebook) ,,,,,,,,