ʼn 31-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op sers. Petrus Gerhardus de Lange in Limpopo.
Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, het gesê ʼn taakspan het die verdagte aangekeer. Hy sal na verwagting Maandag in die Seshego-landdroshof verskyn. “Beamptes het tydens sy inhegtenisneming Vrydagaand beslag gelê op ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ʼn vermoedelik gesteelde motor is gekonfiskeer.”
Maroela Media het vroeër berig De Lange was in November 2018 aan diens waar hy ʼn beweerde dwelmtransaksie in Bulwayostraat, Ladanna, Polokwane, dopgehou het toe hy aangeval is. ʼn Groep verdagtes in twee voertuie het na die voertuig aangery gekom waarin De Lange gesit het. Vier het uitgeklim en met handwapens op die polisieman begin skiet.
Die 30-jarige lid van die Westenburg-polisiestasie het op pad na die hospitaal aan sy beserings beswyk.
“Die taakspan het kort ná die aanval ʼn gesteelde BMW naby die misdaadtoneel gevind. Die aanvallers het dit vermoedelik vroeër dieselfde dag gebruik.”
Die soektog na nog aanvallers duur voort.
Luidens berigte is ʼn vragmotorbestuurder, wat verby die toneel gery het, deur ʼn dwaalkoeël in sy hand gewond tydens die skietery op De Lange.
Hulle hoef nie te ver te soek nie, die feit dat hulle geweet het hy is n polisieman gee te kenne dat daar polisie betrokke was.
Ongetwyfeld Pieter!
Malema se slagspreuk is mos nie verniet “kill the boer ” …… nie.
Sterkte Nelmarié