Man vas oor R1 m. se dagga

Argieffoto

Argieffoto

Lede van die Johannesburgse metropolisie het op dagga met ‘n straatwaarde van ongeveer R1 miljoen beslag gelê in Roodepoort.

Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, sê hulle het ‘n wenk ontvang waarna hulle op die dagga afgekom het. Hy sê die dagga is in ‘n kweekhuis met spesiale ligte en ‘n elektriese heining gevind.

Minnaar sê ‘n 48-jarige man is in hegtenis geneem. Hy sê die verdagte sal binnekort in die Roodepoort-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van en handel in dwelms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peter Says ·

En dien”Stash” is nou in die hande van die Grootste sindikaat denkbaar ???

ESTELLE ·

Snaaks hoe die metropolisie meer dwelm verwante arrestasies doen as die saps! en glo my hy is klaar uit op “bail”. dwelms in ons land word nie as ernstig gesien nie, want dit is nie die howe of government wat sit met die pyn en leiding van ‘n addict in jou huis nie!! nee hulle glo dit “boost” ons ekonomie, baie slim!! hulle verwoes ‘n hele generasie met hulle slapgatheid!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.