Man vas oor R10 miljoen se dwelms

Themba Mbatha (Foto verskaf deur die Valke)

Themba Mbatha (52) sal vandeesweek weer in die hof verskyn op aanklag van die besit van dwelmmiddels ter waarde van R10 miljoen.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Mbatha is op 4 Maart op die N4 naby Witbank voorgekeer. Lede van die Middelburg-blitspatrollie, Middelburg se eenheid wat ernstige georganiseerde misdade ondersoek en Witbank-polisie het Mbatha in hegtenis geneem.

“Inligting is ontvang oor ʼn silwerkleurige Mercedes-Benz wat mandrax-tablette van Komatipoort na Johannesburg vervoer. Die voertuig is opgemerk en voorgekeer,” het Sekgotodi bygevoeg.

Dwelmmiddels ter waarde van R10 miljoen is in die kattebak van die motor opgespoor.

Mbatha het reeds op 5 Maart en 12 Maart in die Witbank-landdroshof verskyn. Hy bly in aanhouding. Die saak is tot 18 Maart uitgestel vir sy formele aansoek om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

marius ·

Waarom word diegene wat agter die gemors sit nie uitgehaal nie ? Dit blyk dat die ondersoeke stop as die muile gearresteer word.

Johannes V ·

Ek stem 110% met jou saam. Ek persoonlik dink nie daar is Meer opgeleide ondervraers nie en indien die menslike manier nie werk gaan oor na stappe 2,3,4,5,6 ens

Hennie ·

Ja shame man, laat hom uit op R 50-00 borgtog. Julle het klaar hierdie uitmuntende sakeman se stock gevat! Skaam julle…

Johannes V ·

Hoekom word daar in die Howe tyd gemors met borgaansoeke? Sekere misdade behoort daar deur die aanklaer besluit te word dat borgtog nie toegestaan mag word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.