Man vas oor reeks rooftogte by Gauteng-winkelsentrums

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met ʼn reeks winkelsentrumrooftogte in Gauteng.

“Ons het inligting wat die man aan tot 17 gewapende rooftogte verbind,” het lt.genl. Lesetja Mothiba, provinsiale kommissaris van die polisie in Gauteng, gesê. “Van die sake waaraan die man verbind word, sluit rooftogte by selfoonwinkels in Benoni, Witbank, Vereeniging, Linden, Sandton, Midrand, Lyttelton en Honeydew in.”

Die man, in sy 30’s, is Donderdag in Polokwane in Limpopo in hegtenis geneem, glo terwyl hy op pad was na Zimbabwe. Hy sal na verwagting binnekort in die Randburg-landdroshof verskyn.

Klik hier om vorige berigte oor die rooftogte by selfoonwinkels in Gauteng en die Wes-Kaap te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lillian ·

Mooi so SAPS! hou hom agter tralies! Wou na al sy “affirmative shopping” gaan laag lê in Zim tot volgende jaar, om weer van vooraf te begin!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.