Man vas oor renosterhoring in Mpumalanga

Foto: SAPD, Mpumalanga

ʼn 38-jarige man is in Kaapmuiden naby die Krugerwildtuin in hegtenis geneem in verband met die besit van twee stelle renosterhorings.

Die man is Vrydag tydens ʼn roetine, daaglikse operasie by Nkomazi Plaza in hegtenis geneem, het die polisie in Mpumalanga in ʼn verklaring gesê.

Die inhegtenisneming volg nadat beamptes ʼn motor voorgekeer en dit deursoek het. “Hulle het gesien die man het ʼn koelboks op die passasiersitplek en het op die horings afgekom toe hulle dit oopgemaak het.”

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het die beamptes geloof vir hul “paraatheid en kreatiwiteit wat tot die ontdekking van die horings gelei het”. “Die stropery van bedreigde en beskermde spesies is ʼn probleem in die provinsie en is dus ʼn prioriteit.”

Die man sal Maandag in die Barberton-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.