Man vas oor renosterhoring in sy besit

Die renosterhoring waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Die renosterhoring waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

ʼn 41-jarige man is Dinsdag in Kaapstad in hegtenis geneem toe ʼn renosterhoring in sy besit gevind is.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het gesê die man is in Lotusrivier in hegtenis geneem.

“Die inhegtenisneming volg ná ʼn gesamentlike poging deur beamptes van die polisie se gespesialiseerde misdaadvoorkomingseenheid, die Valke en die misdaadintelligensie-eenheid. Hulle het op ʼn wenk gereageer,” het Van Wyk gesê. “Die beamptes het ʼn klopjag op die perseel uitgevoer en die renosterhoring in ʼn kas gevind. Dit was in ʼn blou plastieksak toegedraai.”

Die polisie het op die horing en twee selfone beslag gelê en as bewysstukke ingehandig. Die horing se waarde moet nog bepaal word.

Die verdagte sal na verwagting Donderdag in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van ʼn renosterhoring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Elbri ·

Wanneer gaan hulle ‘n VOORBEELD van hierdie stropers maak???

Rupert Ashford ·

Is dit onlangs gestroop of oud? Wie oudit die regering se voorraad ivoor en renosterhoring?

Langtand ·

Waar handig hulle dit in?
Hoe word dit bewaar?
Ek sidder…

antoinette ·

Hoeveel water is daar tans 26/01/2016 in die beervlei dam by willowmore

Retief ·

Nog ‘n renoster wat sy horing moes inboet. Is daar nie iets wat so ‘n stroper ook kan inboet nie? Ek het nogal ;’n voorstel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.