Man vas oor snelweg-diefstal

Argieffoto van die N1 suid in Midrand, Gauteng Foto: affordablehousinginstitute.org

Argieffoto van die N1 suid in Midrand, Gauteng Foto: affordablehousinginstitute.org

ʼn Man is Dinsdag in hegtenis geneem op aanklag dat hy ses mense op die N1 suid in Midrand, Gauteng beroof het.

“Die vier mans en twee vroue is gedwing om weens ʼn pap band langs die pad stil te hou,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê. “Twee verdagtes is op die N1 noord deur ʼn wit Corsa afgelaai en hulle het oor die pad gehardloop. Hulle het ses selfone en beursies by die slagoffers gebuit.”

Volgens Minnaar het twee metropolisiebeamptes verbygery en gesien die slagoffers lê op die grond. “Die diewe wou weghardloop, maar die metropolisie het een van hulle gevang en in hegtenis geneem.”

Drie selfone is opgespoor.

Die man sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Deon ·

Ja broer, die diestal van `n hele snelweg is seker moontlik in Suid-Afrika. Hulle steel dan tot jou melk uit jou koffie uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.