Man vas oor swanger vrou se verkragting, moord

Argieffoto

ʼn 38-jarige man sal binnekort in die landdroshof in Vryheid in KwaZulu-Natal verskyn op aanklagte van verkragting en moord.

Zilandile Xulu (34) se liggaam is op 30 Junie 2020 op ʼn afgrond gevind ná sy op 27 Junie 2020 verdwyn het, het kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. Sy is nie as vermis aangemeld by die polisie nie.

“Xulu is verkrag, met ʼn skerp voorwerp aangeval en verwurg. Toe haar liggaam gevind is, het sy meswonde in haar buik gehad en haar nek was gebreek,” het Gwala bygevoeg.

Die Hlobane-polisie se ondersoek het onthul dat sy in haar slaapkamer vermoor en toe by die afgrond afgegooi is. Sy was sewe maande swanger.

“Die deursettingsvermoë van ondersoekbeamptes, in samewerking met Vryheid se honde-eenheid, het Vrydagaand tot die inhegtenisneming gelei van die verdagte. Die man het van sy huis gevlug en in bosse gaan wegkruip.”

Lt.genl. Kombinkosi Jula, provinsiale polisiekommissaris, het die inhegtenisneming verwelkom en die span geloof wat onverpoosd gewerk het om die saak op te los.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Prikkie ·

Ek hoop hy kry lewenslank sonder enige moontlikheid van parool, al beteken dit dan nou dat ons belastingbetalers hom moet voer.

So ‘n persoon mag nooit weer op straat toegelaat word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.