Man vas oor sy dogtertjie se moord

Foto verskaf deur die SAPD

ʼn 26-jarige man van Bloemfontein in die Vrystaat is in hegtenis geneem in verband met die moord op sy sesjarige dogter en poging tot moord op sy tweejarige seuntjie.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is Dinsdagoggend omstreeks 08:00 na die toneel by Namibia Square ontbied. “Die lewelose liggaam van die sesjarige dogtertjie is in die straat gevind. ʼn Tweejarige seuntjie is ook met ʼn mes aangeval. Paramedici was betyds om hom by te staan en hy is na ʼn hospitaal gehaas.”

Volgens inligting tot die polisie se beskikking het die kinders se tienerjarige tannie hulle gered toe sy na hulle gaan soek het ná die ouma vir haar gesê het die pa het hulle weggeneem en gedreig om hulle dood te maak.

“Die verdagte is in sy plakkershuis gevind. Hy wou selfmoord pleeg. Hy is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklag van moord en poging tot moord.”

Sam Mashinini, LUR vir polisie, het die toneel besoek en die gemeenskap, wat daar saamgedrom het, toegespreek oor huishoudelike geweld en die onaanvaarbare gedrag wat daar plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hm ·

Geen normale persoon vermoor sy eie kind nie. Hulle moes hom gelos het dat hy die daad aan homself voltooi het.

wielie ·

ARMOEDE, HONGER EN WANHOOP dryf jou tot dit ……. jy kan nie jou hulpelose kinders sien swaarkry in die omstandighede, dan “neem jy hulle saam ” as jy selfmoord pleeg.

Alida Engelbrecht ·

Nee Wiele, dit was nie n persoon wat selfmoord wou pleeg nie, hy het spesifiek sy kinders geteiken. Dit sal ek nooit kan verstaan nie, maar dit gebeur soms dat die man die kinders vermoor om sy vrou te “straf”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.