Man vas oor tenderbedrog van R6,6 miljoen

(Foto verskaf deur ANA)

Willem Roos (44) het Dinsdag in die Ventersdorp-landdroshof in Noordwes verskyn op aanklag van bedrog van R6,6 miljoen.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die direktoraat van prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Roos is vrygelaat op borgtog van R10 000. Die saak is tot 16 Januarie uitgestel.

Roos is Saterdag by die Lebombo-grenspos in hegtenis geneem toe hy van Mosambiek na Suid-Afrika wou terugkeer op aanklag van tenderbedrog ter waarde van R6,6 miljoen.

“Die Ventersdorp- plaaslike munisipaliteit (nou JB Marks-munisipaliteit), het in 2016 ʼn tender aan hom toegeken om elektrisiteit te installeer by HOP-huise in ʼn plaaslike township. Hy het glo betaling ontvang sonder dat enige dienste gelewer is.”

Die saak is ondersoek en die verdagte is die geleentheid gebied om ʼn verklaring af te lê, maar hy het verdwyn en ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming is gevolglik uitgereik, het Rikhotso gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.