Man vas oor vals nuus in Covid-19-video

Foto: (AP Photo/Brian Inganga)

ʼn 55-jarige man is in Parow in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat die polisie hom verbind het met ʼn video waarin beweer word Covid-19-toetsstelle is besmet.

Volgens die polisie sal die verdagte reeds vandag in die hof verskyn nadat hy Maandag in hegtenis geneem is.

Die verdagte word aangekla ingevolge regulasie 11(5)(c) van die Rampbestuurwet rakende die “publikasie van enige verklaring deur middel van enige medium, insluitend sosiale media, met die bedoeling om enige ander persoon te mislei oor maatreëls deur die regering om Covid-19 te bekamp”.

In die video, wat wyd op sosiale media versprei is, voer die man aan dat Suid-Afrikaners besmet kan word met Covid-19 wanneer gesondheidsorgbeamptes toetse uitvoer. Die samesteller van die video voer aan dat die toerusting, wat gesondheidsorgbeamptes gebruik tydens deur-tot-deur-toetsing, moontlik besmet is met Covid-19 en hy maan Suid-Afrikaners om te weier om getoets te word.

Hy voer aan dat ʼn gesaghebbende koerant in die Verenigde Koninkryk berig het oor Covid-19-toestelle wat besmet is. Hy sê as hy korrek is, gaan baie mense siek word en talle doodgaan. “As ek verkeerd is, sal ek sê ek is jammer.”

Die DA het Maandag strafregtelike aanklagte aanhangig gemaak teen die man. “Hierdie strafregtelike aanklagte het ten doel om ʼn sterk boodskap aan Suid-Afrikaners te stuur dat die verspreiding van vals nuus nie geduld sal word nie,” het Siviwe Gwarube, die DA se woordvoerder oor gesondheid, gesê.

Die Gautengse gesondheidsdepartement het intussen in ʼn verklaring gesê talle mense het Maandag geweier om getoets te word weens die beweringe wat in die video gemaak word.

Kwara Kekana, woordvoerder van die departement, het gesê gesondheidsorgwerkers moes by mense pleit om die toetsing te ondergaan.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Rodger17 ·

Wél,wel,wel!Wat het geword van menseregte?Hkm moet jy teen jou wil getoets word as jy reeds in inperking is en glad nie uitkom nie?Gaan toets die mense met simptome en los gesonde mense uit.Die DA moet ook hulle bepaal by politiek en nie by Covid 19 nie.

Sharnelle ·

Ek stem saam jou Willem. Mense waarsku mens so oor baie goed dat mens naderhand nie meer weet wat is waar en vals nie. Maar baie sal ook nou weer sê dat enige iets moontlik is ook.

Hans-Peter ·

Jy word nie getoets nie, hulle gaan bloot deur ‘n “screening” (die Afrikaanse woord hiervoor kry ek nie) proses wat ‘n stel vrae behels om te kyk of jy moontlike simtome opgedoen het.

Hugh ·

Sounds like the DA is on a witch hunt again like in Schweizer-Reneke.

Anel ·

Ek gaan ook definitief nie iemand wat ek nie ken toelaat om in my neus te kom grou nie. Hoe kan mens in elke geval enigiets wat te doen het met die regering vertrou? Toets maar julle “our people” en los my uit en bly weg van my, baie vêr weg.
Vir die ou van die video, hulle moet bewys dat dit vals inligting is. Kan hulle?

Jack ·

Geen persoon sal my ook in elke geval toets vir enige virus nie. Alles is NWO agendas om beheer oor die wereld oor te neem.

Sharnelle ·

Wat hy gedoen het was wel verkeerd, en hopenlik erken hy dit en vra onverskoning vir die vals nuus en moet ons hom vergewe daarvoor. Maar ek stem saam Willem Sterrenberg. Ons hou by die reels en ry net as ons regtig iets nodig het.

Chris ·

Elke mens het die reg op ‘n opinie en om sy naam met ‘n plank te slaan. Sodra dit ‘n uitwerking op iemand ander se lewe en bestaan betrekking het verander die prentjie. Ek dink die ou is uiters onverskillig en dwaas om sulke onbevestigde stellings te maak. Jy glo eenvoudig niks wat in koerante staan nie. Die beriggeweing deesdae is onder verdenking. Bevestig eerstens die oorsprong van die berig. Is die toets van wat waar wanneer en hoe gedoen. Die ongetoetste vertolking van beriggewing het al baie skade en skandes vir mense op die hals gehaal. Moenie jou ore uitleen nie, dit gaan jou duur te staan kom.

Michael 1 ·

Ek weet nog steeds nie wat die waarheid is nie ,hoekom die persoon dit gedoen het nie en waar hy sy informasie gekry het nie.Die DA is vinnig om mense te verkla maar waar kan ek hulle verkla oor hulle nie optree teen die regering se diskriminerende wetgewing teen wit minderhede nie.

Pieter ·

Kry eers meer duidelikheid oor die berig waarna die man verwys. Audi alterem partem soos dit in die Romeins- Hollandse reg bekend staan. Hierdie optrede is nou Afrika-boendoe reg.

Keelvol ·

Ek sien dat daar weer n klomp negatiewe denkers hier op maroela is wat die idioot op Facebook se kant vat. My vraag aan julle is kan daardie idioot sy bewerings bewys? En Willem Steenberg, dis as gevolg van jou menseregte wat ons sit waar ons sit. Ek se skort alle menseregte op . Dalk luister mense.

koos10 ·

Johan, en as mense regte nie weer ingestel word nie? Waar laat dit jou en my?
Ons het reeds gesien dat die regering ramp bestuur gebruik om ‘n verbod op sigarette en drank in te stel.

Michael 1 ·

Ek dink die persoon moet eers ondersoek word en skuldig bevind voor hy gestenig word .

Zacahara ·

Kyk maar na die bewyse van berigte wat ek elders hier geplaas het. Ek wil nou nie soos ‘n trol lyk en dit ook hier plak nie.

Martie ·

Ek hoop dit sal mense leer om nie sulke bog te versprei nie.

Astrain ·

Hier is te veel mag in die hande van mense wat al in die verlede baie duidelik bewys het dat hulle enige mag sal misbruik…bly weg van enige iets in n uniform mense en pasop wat jy kwytraak, veral is jy lig van kleur is….

Carina ·

Waar of nie waar nie, die moontlikheid is sekerlik daar. Het iemand dalk al toetse op die toets toestelle gedoen om seker te maak dit is stiriel en skoon? En hoekom word dit ingevoer en nie plaaslik vervaardig nie? En daar is gesê hulle sal net mense toets as hulle ‘n koors toon. Nie almal gaan getoets word nie. So wat het nou daarvan geword?
Waar ‘n rokie trek is gewoonlik ‘n vuurtjie ook. So bly maar weg van my ook. Ek sal myself laat toets as dit nodig is.

Kosie ·

Die DA is vals nuus, hulle moet n klag teen hulle self gaan indien. Niks wat hulle se is waar nie.

Niklaas ·

As die Nuusdraer se feite reg is, moet hy dit net bewys. As hierdie fopnuus is en uit sy duim gesuip, net vir die grap, sal hy nie ongestraf moet bly nie.

Zacahara ·

Kyk maar elders na die 3 berigte se skakels wat ek geplaas het.

Rodger17 ·

Die man het niemand beskuldig nie,hy het bloot sy mening gelug oor die toetsing van mense.Lyk my dis n teer punt vir die regering.Die moontlikheid van sy mening kan ook nie uitgesluit word nie.Iewers moes daar n rokie gewees het.Hy het egter gesê hy sal om verskoning vra as hy verkeerd bewys word.Hoekom die man kruisig omdat hy net sy mening gelug het?Dis siek!Ek gaan beslis nie in my neus en mond laat krap nie,sal n dokter dit laat doen slegs as ek siek voel!

Bets ·

Ja hulle moet kan bewys waar is daai video onwaar ek glo nie hulle kan nie maar ja hulle kom ook nie grou in my neus of mond nie hulle moet maar ver weg bly van my af ook ek hou my veilig en bly in my huis

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.