Man vas oor vervalste Covid-19- negatiewe toetse

Argieffoto (Foto: ask-mediendesign/Pixabay)

ʼn 28-jarige gesondheidswerker van Stad Johannesburg, wat by die Parkhurst-kliniek gestasioneer is, is in hegtenis geneem op aanklag dat hy vervalste negatiewe toetssertifikate vir Covid-19 verkoop het. Hy het die sertifikate glo teen R500 aan reisigers verkoop.

Lucky Sindane, woordvoerder van Stad Johannesburg, het gesê die man sal Maandag in die Booysens-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog.

“Hy is vir ongeveer ʼn week lank dopgehou en is tydens ʼn klandestiene operasie in hegtenis geneem. Die operasie is gelei deur die uitvoerende burgemeester Jolidee Matongo wat saam met die stad se groep- forensiese en ondersoekdiens (GFIS) en die Johannesburgse metropolisie (JMPD) gewerk het.”

Die man word daarvan beskuldig dat hy vervalste negatiewe toetssertifikate verkoop het aan mense wat graag na ander lande wil reis sonder om die werklike toets en bloedtoetse te ondergaan. “Al wat mens moes doen is om jou ID-nommer vi rhom te stuur en ná ʼn dag of twee ontvang jy ʼn boodskap van ʼn laboratorium dat jy negatief getoets het vir Covid-19. Hy gee dan vir jou die sertifikaat in ruil vir R500.”

Die voorlopige ondersoek het onthul die verdagte het nie op sy eie gewerk nie. Nog inhegtenisnemings word verwag.

“Dis betreurenswaardig,” het Matongo bygevoeg. “Ons het nie sulke mense in ons stelsel nodig nie. Ons moedig ons personeel aan om nie by sulke korrupte aktiwiteit betrokke te wees nie, omdat dit die hele land in gedrang bring. Verbeel jouself iemand het Covid-19 opgedoen en hulle ontvang ʼn sertifikaat wat sê hulle is negatief. Daardie persoon sal dan baie mense aansteek en sommige kan moontlik sterf.”

Matongo het sy verwagting uitgespreek dat wetstoepassers die verdagte vir lank agter tralies sal hou. “Ons moet ʼn voorbeeld stel en ʼn sterk boodskap uitstuur vir enigiemand wat dit doen. As die wette van die land verander moet word om só iets moontlik te maak, dan moet ons dit doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Annabelle ·

Mense doen dit omdat die toetse so duur is. Ek het van Oktober tot Mei R9350 vir toetse betaal om Namibië toe en terug te reis. Saam met vliegkaartjies is dit ‘n astronomiese bedrag. Ek doen die toetse want ek weet dis nodig maar hulle kan dit regtig bietjie goedkoper maak. Mei het ek binne ‘n week twee keer mies gaan wantons het die 72 uur periode gemis om deur die gend te gaan. Dis erg.

thejudge ·

Nee. Mense wag positief getoets doen dit. Wil nie hulle vakansietjie oorsee misloop nie en koop gou ‘n negatiewe toets uitslag. Vaccination sertifikate is ook te koop.

Marius Gerhardus ·

Geld maak storie. Belasting emmers raak leeg. Hulle mut nou geld erens anners kry.

Snowball ·

So sal korrupsie, geldlus en oneerlikheid die oorsaak wees dat Suid Afrikaners wat wil reis, toenemend gewantrou word as dit algemeen bekend word dat hulle inentingsrekords en Covid toetsuitslae vervals. En daardeur almal aan strenger reismaatreëls onderwerp. Mens staan eenvoudig magteloos teen die reputasie vir korrupsie waarvoor SA nou al wêreldbekend is.

Anel ·

Ek sou dit ook betaal indien nidig. Baie goedkoper as toets en ek laat nie iemand ‘n stok in my brein druk nie. Hierdie geheeltyd toetsery is ook net ‘n ander manier van geld maak. Dis so maklik. Iemand wat wil reis moet hulle laat toets, so gee een of 2 keer positiewe toetse en dan ‘n negatiewe een. En verder makeer die persoon soos in niks. Dis net ‘n geldmaak storie.

Jaco ·

Dié hele Corona ding is net 1 groot wettige en onwettige geldmaakbesigheid. Mark my words, hierdie lockdown sal NOOIT weggaan nie. Dis te lekker en te maklik om daaruit in te cash.

VaalDonkie ·

Ek dink almal behoort dit in te sien. Of jy nou dink dis bog, of jy dink Covid is die ergste siekte nog. Maak nie saak watter kant jy val nie, dis duidelik dat die paartie so lank as moontlik uitgerek gaan word.

Nie Verbaas ·

Mooi so ANC, julle BEE werk “uitstekend”. Integriteit kan mens nie koop nie.

Harley Davidson ·

Ek persoonlik wat teen vaksinering is sou ook so toets koop as my werksplek my demokratiese reg wegneem en dwing om die vacsine te kry of ontslaan te word

Misky ·

En so ook word positiewe toetse verkoop al is jy blakend gesond. Siekverlof word uitgebuit en mense lê lekker vir 14 dae by die huis

Anoniem ·

Te oulik. Beslis moet hy geld uit hierdie transaksies maak. Maar ja, met die vreeslike prys wat jy moet betaal vir ‘n Covid toets , word mense gedwing om dit te doen. Die Regering behoort alle Covid 19 toetse gratis te doen.

Elmarie ·

Hierdie korrupsie gebeur omdat die mense ‘n mark daarvoor skep. As niemand die vervalste toetse gekoop het nie, sou die verdagtes nie baie ver met hulle planne gekom het nie. So almal wat die man ondersteun het, is ook krimineel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.