Man vas oor vervalste matrieksertifikate

(Argieffoto)

’n Man is vandeesweek in Pongola in Mpumalanga in hegtenis geneem nadat hy na bewering vervalste sertifikate vanuit sy huis verkoop het.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring polisiebeamptes het Woensdagaand op sy huis in Kwalubisi toegeslaan waar daar op verskeie vervalste matrieksertifikate asook ander sertifikate van tersiêre instellings beslag gelê is.

Volgens Mbele het die man Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog en vervalsing. Die man sal weer op 7 Februarie in die hof verskyn vir borgtogaansoek. Hy bly tot dan in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wondergraag ·

Maar is dit dan nie wettig nie. Ek seker baie in parlement het ook so n papiertjie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.